Rassisme in die Verenigde State

Lede van die Ku Klux Klan masjeer in 1928 in Pennsylvania Avenue in Washington, D.C.
Statutêre segregasie in skoolonderwys in die Verenigde State voor 1954

Rassisme en etniese diskriminasie is sedert die dae van kolonialisme en slawerny 'n ernstige probleem. Wettige of sosiaal-goedgekeurde voorregte en regte is aan wit Amerikaners gegee wat die inheemse Amerikaners, Afro-Amerikaners, Asiatiese-Amerikaners en Latyns-Amerikaners nie gehad het nie. Europese-Amerikaners (in besonder die Anglo-Amerikaners) het vanaf die 17de eeu tot in die 1960's ekslusiewe regte soos onderwys, stemreg, immigrasie, burgerskap, en eiendomsreg geniet. Nie-Protestantse immigrante uit Europa, in besonder die Iere, Pole en Italianers, het egter xenofobiese-uitsluiting en etnies-gegronde diskriminasie in die Amerikaanse gemeenskap ervaar, en is nie ten volle wit beskou nie. Hierby is daar ook voortdurend teen die Jode en Arabiere gediskrimineer, met die gevolg dat baie mense van dié groepe, hulself nie as wit geÏdentifiseer het nie.

Die belangrikste ras- en etniesgebonde instellings in Amerika was:

  • Slawerny,
  • Die Indiaanse oorloë,
  • Reservate vir die inheemse-Amerikaners,
  • Segregasie,
  • Gemeenskapskole vir die inheemse-Amerikaners, en
  • Interneringskampe.

Formele rasse-diskriminasie is merendeels in die 20ste eeu verbied, het sosiaal onaanvaarbaar geraak, en is moreel veragtelik beskou. Rassepolitiek het 'n groot fenomeen gebly, en rassisme bly voortbestaan in sosio-ekonomiese ongelykheid. Die laagvorming van rassisme het egter bly voortleef in die volgende sfere van die Amerikaanse samelewing: Behuising, opvoeding, in die regering en by die uitleen van geld. Die Amerikaanse menseregte-netwerk (U.S. Human Rights Network), 'n netwerk van talle burger- en menseregte- organisasies, reken dat diskriminasie elke aspek van die Amerikaanse leefwyse deurdring, en uitkring na alle anderskleurige gemeenskappe.[1] Hoewel die aard van die gemiddelde Amerikaner se houding baie oor die afgelope paar dekades verander het, het meningspeilings deur organisasies soos ABC News gevind dat groot dele van die Amerikaanse samelewing erken dat hulle steeds diskriminerende sieninge huldig. So onlangs soos in 2007 het een uit tien Amerikaners gesê hulle is bevooroordeeld teenoor Spaans-Amerikaanse medeburgers, terwyl een uit vier so voel teenoor Arabiese-Amerikaners.[2]

  1. U.S. Human Rights Network (Augustus 2010).
  2. "Aquí Se Habla Español – and Two-Thirds Don't Mind" (PDF).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search